Maak My Bul Beroemd

Bepalings en Voorwaardes: LRF se “Maak my bul beroemd”-kompetisie

  1. Die kompetisie sluit om 10:00 op 31 Julie 2026.
  2. Die aantal “likes” (gunsteling-merke) op die top 3-inskrywings se plasings (teen 10:00 op 31 Julie 2026) sal deur die kompetisiekomitee/beoordelaars hersien word. Hulle sal die finaliste beoordeel en die wenner aanwys.
  3. Die beoordelaars se beslissing is finaal.
  4. LRF kan die kompetisie te eniger tyd terugtrek.
  5. Daar sal binne een week na die kompetisie se sluitingsdatum met die wenner gekontak gemaak word.
  6. Die wenner sal gekontak word via die sosiale media-platform wat gebruik is om vir die kompetisie in te skryf.
  7. Na drie mislukte pogings om die wenner te kontak, sal ‘n nuwe wenner genomineer word.
  8. Die wenner sal op LRF se sosiale media-platforms aangekondig word.
  9. Die foto van die wenner se bul sal as die voorblad van die Oktober-uitgawe van Veeplaas gebruik word.
  10. Deur aan die kompetisie deel te neem, verleen deelnemers aan LRF die reg om beelde van die wenbul te gebruik in toekomstige advertensies om die kompetisie te bemark, asook in plasings wat die wenner aankondig en ander verwante promosiemateriaal.

Vir meer inligting, kontak asseblief die LRF-kantoor by +27 81 844 4853 | office@lrf.co.za